• Complain

Marzanne Leroux-Van Der Boon - Israel Reeks: Omnibus 1: Marzanne Leroux-Van Der Boon

Here you can read online Marzanne Leroux-Van Der Boon - Israel Reeks: Omnibus 1: Marzanne Leroux-Van Der Boon full text of the book (entire story) in english for free. Download pdf and epub, get meaning, cover and reviews about this ebook. year: 2020, genre: Detective and thriller. Description of the work, (preface) as well as reviews are available. Best literature library LitArk.com created for fans of good reading and offers a wide selection of genres:

Romance novel Science fiction Adventure Detective Science History Home and family Prose Art Politics Computer Non-fiction Religion Business Children Humor

Choose a favorite category and find really read worthwhile books. Enjoy immersion in the world of imagination, feel the emotions of the characters or learn something new for yourself, make an fascinating discovery.

Marzanne Leroux-Van Der Boon Israel Reeks: Omnibus 1: Marzanne Leroux-Van Der Boon

Israel Reeks: Omnibus 1: Marzanne Leroux-Van Der Boon: summary, description and annotation

We offer to read an annotation, description, summary or preface (depends on what the author of the book "Israel Reeks: Omnibus 1: Marzanne Leroux-Van Der Boon" wrote himself). If you haven't found the necessary information about the book — write in the comments, we will try to find it.

Marzanne Leroux-Van Der Boon: author's other books


Who wrote Israel Reeks: Omnibus 1: Marzanne Leroux-Van Der Boon? Find out the surname, the name of the author of the book and a list of all author's works by series.

Israel Reeks: Omnibus 1: Marzanne Leroux-Van Der Boon — read online for free the complete book (whole text) full work

Below is the text of the book, divided by pages. System saving the place of the last page read, allows you to conveniently read the book "Israel Reeks: Omnibus 1: Marzanne Leroux-Van Der Boon" online for free, without having to search again every time where you left off. Put a bookmark, and you can go to the page where you finished reading at any time.

Light

Font size:

Reset

Interval:

Bookmark:

Make
Israel-reeks Omnibus 1 Granate bloei in Jerusalem Hatikvah Land van hoop - photo 1
Israel-reeks Omnibus 1 Granate bloei in Jerusalem Hatikvah Land van hoop - photo 2

Israel-reeks: Omnibus 1


Granate bloei in Jerusalem

Hatikvah: Land van hoop


Marzanne Leroux-Van der Boon


LUX VERBI

Vir my man, my vriend, en Yeshua, my Here

Granate bloei in Jerusalem Een Jerusalem Maart 2002 Marc kyk verwonderd - photo 3

Granate bloei in Jerusalem


Een

Jerusalem
Maart 2002

Marc kyk verwonderd toe terwyl n goue waas langsaam oor die stad kruip. Teen die massiewe klippe van die Klaagmuur begin diep skadus opklim. Die graspolle wat uit die gleuwe groei, staan donker afgeteken. Uit die grond slaan die geur van die komende aand al op. Die son het weggeraak en die Omar-moskee se koepel gloei in die verdwynende lig.

Shabbat shalom!

Tussen die mense wat deur die ingange oor die klipplaveisel stroom, klink die groet voortdurend op. Sag soos die lig waarin die laatmiddag gebaai is. Ou mans, wit baard op die bors, in swart hoed en manel gaan langsaam verby. Sommige is druk in gesprek gewikkel, beduie met hul hande. Ander het n huppelende kind aan die hand. Seuntjies van alle groottes met kalotjies op die kop, baie met kortgeskeerde hare en lokke voor die ore, skarrel tussen die mense deur. Hul skril stemmetjies vul die goue lug. Mans in wit oopnekhemde, donker broeke en swart fluweelkalotjies op die kop, meesal met baarde en sylokke, stoot kinderwaentjies deur die vrolike geroesemoes. Die meeste vroue, soel lenteweer ten spyt, dra langmousomerrokke, swart kouse, en is byna almal met hoofbedekkings. Pa en Ma het kleuters aan die hand, terwyl kleintjies van alle groottes agterna drentel. Saam loop die gesinne tot waar mans en vroue skei om na hul onderskeie afdelings by die Muur te gaan. Pas en oupas neem die seuns met hulle saam, party so klein nog dat hulle skaars kan loop.

Hier en daar gewaar Marc mans met swaar baarde, pelshoed op en met n gebedsjaal om die skouers, in goudkleurige jasse geklee. Maar die groot meerderheid het swart manelle by donker broeke en wit oopnekhemde aan, en n swart brerandhoed op die agterkop. Heelwat jong mans in strak, donker manel en broek, swart brerandhoede, sylokke swaaiend in die wind, haas hulle verby. Maar hy merk ook tussendeur mans in gewone drag met gekleurde kalotjies op. Meesal met blou- of swart-en-wit gebedsjaal oor die skouers. Met lang geknoopte klossies aan die some.

n Lang, skraal man in gewatteerde manel en swart pelshoed kom met sy dogtertjie aan die hand aangestap. Die kind se donker krulhare vorm n skerp kontras met haar ligte vel. Sy het vreemde diepblou o. Hulle vorm n wonderlike mooi kamee in die boaardse lig. Marc klik sy kamera vir die soveelste keer oop.

No pictures! Please! Shabbat!

Marc skrik. Hy het nie die jong vrouesoldaat sien aankom nie. Sy staan nou dreigend voor hom. Belaglik tenger in haar olyfgroen uniform met die koelvaste jekker, geweer oor die skouer.

Youve taken many. I have watched you. On Shabbat no pictures here. Ill confiscate your camera.

Im sorry, s hy verle, I didnt know.

Sy begin wegdraai, maar gaan staan dan. Youre from South Africa? vra sy.

Hy kyk haar verwonderd aan. How did you know?

Sy wys na die sak by sy voete waarop n brawe Suid-Afrikaanse vlaggie afgedruk is.

You knw this flag?

I lived there for a time. Sy wys weer met n dreigende vinger na hom. No more pictures, yes? Its very disrespectful.

Im sorry, s hy weer.

Sy glimlag effens. Okay.

You lived in South Africa?

Only for two years, between 1994 and 1996. My father was sent there on business. I went to school there for that time.

You liked it?

Terrific land. Very violent in those years.

More so now.

I believe so. Sy stoot haar baret effens na agter. Sorry, Im Rebecca.

Hy knik. Marc.

Hi! So, what are you doing in Israel at this terrible time?

Hy glimlag verle. Im not sure. I just felt I wanted to come.

Sy kyk hom n oomblik stip aan. I hope you know what youre doing.

Sure.

Take care, then.

Hy knik. Im from South Africa, I know.

This is a different situation. Quite different. Be sure you know where you go. Stay out of the shopping malls and off the buses.

Ill take care. Ive been watching the media, so I have an idea whats going on.

Sy skud haar kop. Dont depend on the media to supply you with the truth about Israel.

No?

No.

Rivkah!

Daar word van die ingang af geroep.

I must go, Im actually on duty. Take care, please!

I promise.

Sy loop weg en die Kalatsjnikof swaai teen haar tenger figuur. Lang, donker hare klots onder die baret uit in n vlegsel oor haar rug. Hy wonder waarom sy ges het haar naam is Rebecca as hulle n ander naam van die hek af geskree het.

By die Muur het die mense in groot getalle toegeneem. Swart soos miere teen n stroopblik vertoon hulle. Oral tussenin sien Marc goed wat soos wit vierkante lyk. Hy haak sy sak oor sy skouer en stap gefassineer na die afskorting wat die toeskouers en die aanbidders van mekaar skei. Daar staan al heelwat mense saamgekoek, maar hy wurm sy pad versigtig tussen hulle deur tot hy voor teen die traliewerk te staan kom. Wat soos wit vierkante gelyk het, is die blou-en-wit gestreepte gebedsjaals wat party mans soos tabernakels bo hul koppe hou. Ander het dit oor hul koppe gegooi sodat hul gesigte onsigbaar is; hier en daar steek net die punt van n baard uit. Party het dit oor hul skouers gedrapeer. Tussendeur dobber honderde koppe met kalotjies, meesal swart, maar ook wit-en-blou met patroontjies om die rand, of anderskleurig. Teen die muur wieg ander ligweg heen en weer in gebed versonke, swart gebedeboekies in die hand. Party se gesigte is teen die stene aangedruk. Hy sien twee mans met hul arms uitgestrek teen die massiewe klippe besig om te bid. Asof hulle gekruisig is. Aan die vrouekant is die meeste se hare met hoede of doeke bedek. Daar is ook vroue in weermaguniforms en sommige met babas in drasakke teen hul bors. n Geruis van stemme rimpel soos n sagte wind deur die skare.

Die toneel ontroer Marc. Dit stuur n vreemde gewaarwording deur sy lyf. Vlak teen die afskorting voor hom trek iets sy aandag. n Ou man, wit baard en hare, gebedsjaal oor sy kop, buig oor n seuntjie wat na hom opkyk. Die kind kan nie ouer as vyf wees nie, sy o is donker, swart haarlokke krul langs sy gesiggie. Hy kyk sy grootvader vraend aan, s iets wat Marc nie kan uitmaak nie. Die ou man se gesig verkrummel, hy trek die seuntjie se kop met bewende hande teen hom aan. Marc sien hoe die trane oor sy verweerde gesig begin loop, terwyl hy die kind in sy arms wieg.

n Skreiende verlange kom in Marc op, so hewig dat dit voel asof hy daarvan steier. Hy ken geen naam daarvoor nie. Hy weet van net n manier waarop daar vir hom verligting sal kom.

Hy maak hom uit die mensegewoel los en gaan terug na waar hy vroer agter op die muurtjie gesit het. Die goue lig het rosig geword. Marc haal sy sketsboek en houtskool uit sy sak. Hy huiwer nie, met seker hale teken hy die ou man en die seuntjie. Hy weet nie dat sy eie gesig nat is van die trane nie. Hy teken die figure teen die Muur. Die vele gesigte, baarde, neuse, kalotjies, gebedsjaals. Hy teken die versierde Tora-rolle, die wit-en-blou Ster van Dawid op die doeke oor die tafels. Skraal figure, bleek gesigte in swart manelle, sylokke, brerandhoede. Die lang man met manel en pelshoed, met die dogtertjie aan sy hand. Die kleure van die aandlug op die ruwe rotsblokke. Maar weer en weer die kind by sy grootvader, die ou man se huilende gesig, sy hande op die seuntjie se rug. Dit word so donker dat hy skaars kan sien wat hy doen, maar hy kom dit nie agter nie.

Next page
Light

Font size:

Reset

Interval:

Bookmark:

Make

Similar books «Israel Reeks: Omnibus 1: Marzanne Leroux-Van Der Boon»

Look at similar books to Israel Reeks: Omnibus 1: Marzanne Leroux-Van Der Boon. We have selected literature similar in name and meaning in the hope of providing readers with more options to find new, interesting, not yet read works.


Reviews about «Israel Reeks: Omnibus 1: Marzanne Leroux-Van Der Boon»

Discussion, reviews of the book Israel Reeks: Omnibus 1: Marzanne Leroux-Van Der Boon and just readers' own opinions. Leave your comments, write what you think about the work, its meaning or the main characters. Specify what exactly you liked and what you didn't like, and why you think so.