• Complain

Hermione Suttner - Bitter Heuning

Here you can read online Hermione Suttner - Bitter Heuning full text of the book (entire story) in english for free. Download pdf and epub, get meaning, cover and reviews about this ebook. year: 2020, genre: Detective and thriller. Description of the work, (preface) as well as reviews are available. Best literature library LitArk.com created for fans of good reading and offers a wide selection of genres:

Romance novel Science fiction Adventure Detective Science History Home and family Prose Art Politics Computer Non-fiction Religion Business Children Humor

Choose a favorite category and find really read worthwhile books. Enjoy immersion in the world of imagination, feel the emotions of the characters or learn something new for yourself, make an fascinating discovery.

Hermione Suttner Bitter Heuning

Bitter Heuning: summary, description and annotation

We offer to read an annotation, description, summary or preface (depends on what the author of the book "Bitter Heuning" wrote himself). If you haven't found the necessary information about the book — write in the comments, we will try to find it.

Hermione Suttner: author's other books


Who wrote Bitter Heuning? Find out the surname, the name of the author of the book and a list of all author's works by series.

Bitter Heuning — read online for free the complete book (whole text) full work

Below is the text of the book, divided by pages. System saving the place of the last page read, allows you to conveniently read the book "Bitter Heuning" online for free, without having to search again every time where you left off. Put a bookmark, and you can go to the page where you finished reading at any time.

Light

Font size:

Reset

Interval:

Bookmark:

Make
Titelblad HERMIONE SUTTNER Bitter heuning Vertaal deur Linda Rode KWELA - photo 1

Titelblad HERMIONE SUTTNER Bitter heuning Vertaal deur Linda Rode KWELA - photo 2

Titelblad


HERMIONE SUTTNER


Bitter heuning


Vertaal deur Linda Rode


KWELA BOEKE

Opdrag

Vir my ma,

wie se liefde vir Namakwaland,

en boweal vir Velddrif,

my genspireer het om die boek te skryf.

Motto

When the past is recaptured by the imagination, breath is put back into life.

MARGUERITE DURAS

Voorwoord

Voorwoord Ek het tussen Namakwaland en Velddrif aan die Bergrivier - photo 3

Voorwoord

Ek het tussen Namakwaland en Velddrif aan die Bergrivier grootgeword. Vakansies langs die Bergrivier het my so betower dat ek en my man later daar n stukkie grond gekoop het.

Op ons eerste dag in ons nuwe huis was ons sonder elektrisiteit. Toe ek begin rondvra na n winkel, het iemand aanbeveel dat ek by Abram Zeligs* se huis gaan aanklop. Hy mag dalk slaap, so hamer maar aan die deur. Hy kan vir julle kerse, suiker, tee, koffie en sulke nodighede gee.

Ek maak toe so en n kort, bejaarde man maak die bodeur oop.

Toe ek hom vra vir ons benodigdhede, s hy: Oh, you speak English? Who is your favourite poet? And what do you think of space and time?

Hy was so opgewonde om Engels te praat met iemand en nooi my dadelik in. Wat n plesier! Die huis was gevul met boeke. n Klein private kamertjie vol boeke, en langsaan n yslike, ietwat verwaarloosde vertrek met duisende boeke. Orals net boeke, wonderbaarlike boeke met kommentaar op die agterblaaie geskryf. Die spesiale boeke in die private kamertjie was oorgetrek met silwer en goue sigaretpapier.

Iemand klop aan die deur en Abram gaan kyk. Kom binne, Klaas*, hoor ek hom s. Jy moet vir Hermien (so het hy my naam uitgespreek) ontmoet. Sy ken boeke.

Langenhoven ek sal vir jou sy gedigte ops, s Klaas met die inkom.

Abram vertel dat Klaas die heuningkoning van die Sandveld is. En net daar nooi Klaas my uit na De Heuwel. Hy s sy suster, Mara*, sal so bly wees om n stadsvrou te ontmoet om mee te gesels. Gou-gou teken hy vir my op die agterkant van n sigaretdosie hoe om op die plaas te kom.

Die dag toe ek daar aankom, staan Mara reeds en wag by die hek. Ek onthou sy het n lang skirt aangehad en n groen toeknooptrui. Agter haar het die graanlande uitgestrek. Sy het geglimlag haar o was so blou en haar glimlag so warm, ons het sommer dadelik van mekaar gehou.

Ek is saam met haar voorkamer toe, en daar op die lang geelhouttafel het sy n boks fotos tussen die gesels deur begin uitpak. Klaas was ontstig en het by haar gepleit om daarmee te wag tot n ander dag. Hy wou my laat proe aan die twaalf flesse heuning wat hy oor die afgelope jare versamel het, want elkeen het n ander geur gehad.

Maar Mara wou nie bes gee nie. Toe gaan Klaas maar uit tuin toe en s hy sal terugkom as ons tee drink.

Heel eerste wys Mara my n foto van Matthys*, haar oorlede man. Ek maak n opmerking oor hoe aantreklik hy was en hoe n wonderlike huwelik sy moet gehad het altyd tussen blomme en saam met diere op die fotos.

Jy was seker so verlief! s ek.

Verlief? Op Matthys? Nee! Hy was nie my groot liefde nie.

Wat bedoel jy, Mara? Wie was dan?

Theunis*. Theunis was die liefde van my lewe.

Wys my n foto.

My pa het hulle almal vernietig. Almal op een na.

Klaas het haar vooraf vertel dat ek skryf. Sy kyk skielik dringend na my. Jy moet die storie van my liefde skryf. As ons dood is, ek en Klaas, is daar niemand meer wat my storie ken nie. Ons het geen kinders nie, geen nageslag nie.

En so het n lang vriendskap begin. Ek het plaas toe gegaan of sy het na my toe gekom. Ek het al haar herinneringe neergeskryf. Sy het vir my stapels briewe en fotos gebring, en so het Bitter heuning deels waarheid, deels fiksie ontstaan.


DIE SKRYWER

Velddrif 2011

* Persoonsname is verander om die karakters se ware identiteit te beskerm.


1 n Gawe uit die see 1 n Gawe uit die see Ek is Mara die dogter van - photo 4
1. n Gawe uit die see

1 n Gawe uit die see Ek is Mara die dogter van Bavaria Mara gebore ter see - photo 5
1
n Gawe uit die see

Ek is Mara, die dogter van Bavaria Mara gebore ter see.

Ek is van die veld, al dui my oorsprong op die see. My wreld is in die hart van die Sandveld, noord van die Kaap. Die Sandveld is n dro streek wat uitstrek van die voetheuwels van die Piketberg, waar die graanlande van die Swartland l, in n wye wit boog tot by die koue Atlantiese Oseaan wat dit aan die westekant begrens. Noordwaarts strek dit tot aan die rooibruin aarde van Namakwaland.

Van ver af lyk die vlaktes van die Sandveld bar en wit, veral gedurende die somermaande wanneer die oostewind sand van die kus af waai wat orals en op alles neersif. Die stryd om die huise skoon te hou van die ewige sand is net so taai soos die stryd om enigiets geheim te hou in die Sandveld. Al is die streek so afgesonderd, leef mens daar oop en blootgestel soos die kort bossies wat die veld bespikkel.

Skulpgruis wat dig rondom die huise gestrooi l en verblindend wit in die somerson glinster, help om die sand buite te hou. Deure en vensters is gemaak van wrakgoed van skepe wat aan die kus gestrand het herinneringe aan die koue oseaan net anderkant die bossieveld.

My ma is gebore in die versmorende hitte van die trope aan boord van die Bavaria, op pad van Lissabon. Haar ma, my ouma Sannie, was onderweg terug Suid-Afrika toe n die Boereoorlog. Sy het my vertel hoe die kaptein afgekom het na die kajuit toe en my ma gedoop het: Bavaria Mara Krige.

Ouma Sannie, toe pas weduvrou, het bittere trane gestort oor haar ellendige lot, maar sy het haar Bybel geken. Daarom het sy haar kind genoem na die bitter kruie marah wat die mense van die Ou Testament gedurende Paasfees geet het om hul swerftog deur die wildernis te gedenk, voor hulle die Beloofde Land bereik het.

n Tydjie lank is Bavaria Mara op haar volle doopname genoem, tot die bitterheid van die oorlogsherinneringe uitgedoof is deur die dogtertjie se soete geaardheid.

Ouma Sannie het haar tuiste in die Sandveld gemaak en gesweer sy sou dit nooit weer verlaat nie. Haar droefheid het haar in die eerste jare in n swygsame vrou verander, en sy het die naam Stil Sannie onder die Oufonteiners gekry.

Toe Bavaria Mara vier was, het Stil Sannie vir Knud Pedersen ontmoet, n groot, sterk, goedgeaarde Deen wat van sy skip gedros het. Hy het een kyk gegee na die skitterwit strand, die pragtige vlei en die rivier wat kronkelend daarin uitloop, en terstond besluit om Oufontein sy tuiste te maak. Vreemd soos die landstreek vir hom was, was die nederige witgekalkte huisies n welkome gesig n soveel maande ter see, en die helder lig en wye hemel was n verblydenis vir sy hart.

My ma, Bavaria Mara, kon onthou van die tyd toe oupa Knud en my ouma Sannie mekaar ontmoet het: skielik het ouma Sannie elke dag psalms en gesange gesing en weer begin saamgesels. Knud is verwelkom deur die riviervissers, wat gewoond was aan matrose wat van die skepe dros. Dit was ook nie ongewoon dat sulke matrose met Sandveldmeisies getrou het nie, en gewoonlik het di huwelike goed uitgewerk. Gou was Knud Pedersen sommer net bekend as die Deen.

Next page
Light

Font size:

Reset

Interval:

Bookmark:

Make

Similar books «Bitter Heuning»

Look at similar books to Bitter Heuning. We have selected literature similar in name and meaning in the hope of providing readers with more options to find new, interesting, not yet read works.


Reviews about «Bitter Heuning»

Discussion, reviews of the book Bitter Heuning and just readers' own opinions. Leave your comments, write what you think about the work, its meaning or the main characters. Specify what exactly you liked and what you didn't like, and why you think so.