• Complain

Albert Blake - Robey Leibbrandt: ’N Lewe Van Fanatiesme

Here you can read online Albert Blake - Robey Leibbrandt: ’N Lewe Van Fanatiesme full text of the book (entire story) in english for free. Download pdf and epub, get meaning, cover and reviews about this ebook. year: 2019, publisher: Jonathan Ball, genre: Detective and thriller. Description of the work, (preface) as well as reviews are available. Best literature library LitArk.com created for fans of good reading and offers a wide selection of genres:

Romance novel Science fiction Adventure Detective Science History Home and family Prose Art Politics Computer Non-fiction Religion Business Children Humor

Choose a favorite category and find really read worthwhile books. Enjoy immersion in the world of imagination, feel the emotions of the characters or learn something new for yourself, make an fascinating discovery.

Albert Blake Robey Leibbrandt: ’N Lewe Van Fanatiesme

Robey Leibbrandt: ’N Lewe Van Fanatiesme: summary, description and annotation

We offer to read an annotation, description, summary or preface (depends on what the author of the book "Robey Leibbrandt: ’N Lewe Van Fanatiesme" wrote himself). If you haven't found the necessary information about the book — write in the comments, we will try to find it.

Albert Blake: author's other books


Who wrote Robey Leibbrandt: ’N Lewe Van Fanatiesme? Find out the surname, the name of the author of the book and a list of all author's works by series.

Robey Leibbrandt: ’N Lewe Van Fanatiesme — read online for free the complete book (whole text) full work

Below is the text of the book, divided by pages. System saving the place of the last page read, allows you to conveniently read the book "Robey Leibbrandt: ’N Lewe Van Fanatiesme" online for free, without having to search again every time where you left off. Put a bookmark, and you can go to the page where you finished reading at any time.

Light

Font size:

Reset

Interval:

Bookmark:

Make
ROBEY LEIBBRANDT N LEWE VAN FANATISME ALBERT BLAKE Jonathan Ball - photo 1
ROBEY LEIBBRANDT N LEWE VAN FANATISME ALBERT BLAKE Jonathan Ball - photo 2

ROBEY
LEIBBRANDT

N LEWE VAN FANATISME


ALBERT BLAKE


Jonathan Ball Uitgewers

JOHANNESBURG & KAAPSTAD

Table of Contents


11 Maart 1943

Spesiale Hooggeregshof vir Politieke Sake

Pretoria


Oomblikke voordat die regter die doodvonnis op aanklag van hoogverraad oor Robey Leibbrandt uitgespreek het, weergalm sy weerbarstige woorde hard deur die hofsaal:


Wat die vonnis wat nou oor my uitgespreek gaan word, ook al mag inhou, is van minder belang Van n ding kan u egter seker wees en dit is dat geen mag ter wreld, selfs met die ondersteuning van die duiwel in die hel, daartoe in staat is om hierdie Afrikanerhart te breek nie. In hierdie sin en gees roep ek uit: Na die hel met genade! Lank leef die Afrikanervolk! Lank leef nasionaal-sosialistiese Suid-Afrika! God met my en my kamerade en kameradinne! Die Vierkleur hoog!


Dit was geen valse bravade nie Leibbrandt het bedoel wat hy ges het. n Moeiliker man om te tem was daar beswaarlik te vinde.

ANDER BOEKE DEUR DIE SKRYWER:


Boereverraaier: Teregstellings tydens die Anglo-Boereoorlog (2010)

Boerekryger: n Seun se hoogste offer (2012)

Moord-en-roof: In die kop van n baasspeurder (2013)

Ontsnap! Boerekrygsgevangenes se strewe na vryheid (2015)

Broedertwis Bittereinder en joiner: Christiaan en Piet de Wet (2016)

Wit Terroriste: Afrikaner-saboteurs in die Ossewabrandwagjare (2018)

VOORWOORD

Iewers een middag in die laaste maande van 1965 of vroeg in 1966 het ek en my pa op die sypaadjie van Maitlandstraat in Bloemfontein se middestad geloop. Voor ons was n middeljarige man met bre skouers.

Sonder dat hy daarvan bewus was, het van die ander voetgangers onderlangs na hom gewys en in fluisterstemme agter bakhande gepraat. Ek het gewonder wie di man is wat soveel aandag trek. Later die dag het my pa vir my probeer verduidelik wie die kaalkop oom was wat die koppe so laat draai het. Ek kan onthou my pa het genoem dat hy in die Tweede Wreldoorlog van Duitsland na Suid-Afrika gekom het om sabotasie te pleeg, gevang is en van hoogverraad aangekla is. Hy is uiteindelik ter dood veroordeel. Sy naam was Robey Leibbrandt.

Ek glo nie ek het toe werklik verstaan waaroor dit alles gegaan het nie. Dit was eers later op horskool aan Grey-kollege in Bloemfontein waar Leibbrandt se seun, Izan, wat ook n klasmaat van my was, my meer oor sy pa vertel het. Dit het n blywende indruk gelaat.

My navorsing vir die boek Wit Terroriste (2018) het my nuuskierigheid oor hierdie man wat in sulke groot omstredenheid gehul was van vooraf geprikkel. Hy is in die vroe 1940s deur die Duitse regering na Suid-Afrika gestuur as deel van Operasie Weissdorn om as skakel met die pro-Duitse Ossewabrandwag op te tree en sekere sabotasietake uit te voer. Leibbrandt se ondermynende optrede gedurende die Tweede Wreldoorlog, sy daaropvolgende hoogverraadsaak en die naloop daarvan het buitengewoon wye dekking in al die Afrikaanse en Engelse nuusblaaie geniet.

Wanneer die meeste ouer mense die naam Robey Leibbrandt hoor, sal hulle waarskynlik dink aan die verhaal van hoe hy met n Duitse duikboot aan die Weskus afgelaai is. Dit is egter een van die Suid-Afrikaanse geskiedenis se groot mites, aangeblaas deur Leibbrandt se eie aansprake in di verband. Hy is met n seiljag na Suid-Afrika gebring.

Leibbrandt was voor die uitbreek van die oorlog reeds landwyd as bokser bekend. In n era toe boks een van die gewildste sportsoorte in die land was, was hy n Springbokbokser wat in 1934 aan die Britse Rykspele (vandag die Statebondspele) en in 1936 aan die Olimpiese Spele in Berlyn deelgeneem het. Daarna het hy professioneel begin boks en die Suid-Afrikaanse swaargewigkampioen geword.

Leibbrandt was ongetwyfeld n merkwaardige figuur en sy lewensverhaal is sekerlik een van die kleurrykstes in die Suid-Afrikaanse geskiedenis. Almal wat met hom te doen gehad het, was oortuig van sy buitengewone vreesloosheid. Rawat de Wet, self n vreeslose lid van die Afrikanerterreurgroep, het hom n onverskrokke derduiwel genoem vir wie daar weinig gelykes op aarde kon wees.

Leibbrandt het sterk karaktereienskappe gehad hy was n groot individualis met buitengewone moed, deursettingsvermo, skynbaar onuitputlike energie en n natuurlike werkywer. Hy was n passievolle mens en talle het voor sy oortuigingskrag geswig en hom blindelings gevolg. Hy was besonder lojaal teenoor sy kamerade. Enige vorm van verraad het hom met diep afsku vervul. As hy eers sy woord gegee het oor iets, sou hy daarby hou, kom wat wil.

Na buite het Leibbrandt meestal n onwrikbare, hardvogtige houding vertoon en hom dikwels aan brutale optrede skuldig gemaak. Tog het hy n sagte kant gehad. Hy was vrygewig en het groot deernis vir armlastiges gehad. Sy naby familie- en gesinslede was besonder geheg aan hom.

Leibbrandt het op verskeie terreine bo die gemiddelde mens uitgestyg. As jong man was hy die jongste Spoorwegpolisieman wat die rang van adjudant-offisier beklee het. Voor die oorlog het Leibbrandt liggaamlike opvoeding aan verskeie Europese universiteite en instellings gestudeer en telkens met onderskeiding geslaag.

In 1940-41 het hy intensiewe opleiding in die Duitse Luftwaffe ontvang, eers as sweeftuigvlienier en daarna as valskermsoldaat. Hy is ook vir n offisierskursus gekeur, wat onder die Nazi-regime merkwaardig vir n buitelander was. Dit was egter veral in die sabotasieskool van die Duitse militre geheimediens, die Abwehr, waar hy tydens sy opleiding uitgestaan het. Daar was hy in sy element en is hy deur n ho Abwehr-instrukteur as die beste sabotasiestudent in hierdie reeds uitgesoekte geledere beskryf.

Dit sou egter sy optrede gedurende die Tweede Wreldoorlog wees wat hom n legende vir sommige en berug in ander se o gemaak het. In sy boek For Volk and Fhrer skryf Hans Strydom: The story of Robey Leibbrandt [is] surely one of the most amazing to come out of World War II.

Maar wie was die ware Robey Leibbrandt eintlik?


Daar is min vleiende beskrywings van Robey Leibbrandt in die geskiedskrywing. Die enkele vertolkings wat hom in n gunstige lig voorstel, word dikwels deur n radikale politieke vooroordeel gekenmerk.

Talle mense het hom met afkeer bejen. Hendrik van Blerk, n militante bomplanter wat soos Leibbrandt ter dood veroordeel is en saam met hom in Pretoria-Sentraal-gevangenis opgesluit was, het Leibbrandt as n ongebalanseerde en uiters onaangename mens beskryf en hom n dominerende grootbek genoem. Volgens Van Blerk was hy die tipe man wat woedend kwaad kon word as jy nie honderd persent met hom saamstem nie.

Chris Coetsee, n leier van n Afrikanerterreurgroep gedurende die Tweede Wreldoorlog, het Leibbrandt uiters bombasties gevind en gemeen dat hy aan n grootheidswaan gely het.

Deur die jare is nog n verskeidenheid negatiewe karaktereienskappe aan Leibbrandt toegeskryf. Hy is onder meer fanaties, dweepsugtig, eksentriek, opvliend, impulsief, onverdraagsaam, egosties, en stug genoem. Hy is ook beskryf as obsternaat met onwillekeurige gemoedsiklusse. Leibbrandt is daarvan beskuldig dat hy gesukkel het om skuld te erken wanneer hy verkeerd was, dat hy verwerping swak gehanteer het en hipersensitief was vir enige kritiek. Hy het ook buitensporig gebelg, geviktimiseer en paranoes gevoel as hy volgens sy mening benadeel is. Hy was baie uitgesproke, dikwels heeltemal onvanpas.

Ten spyte van sy vreesloosheid kon hy spanning nie goed hanteer nie en het hy dikwels geoorreageer. Daar is ook diegene wat gereken het dat hy nooit besef het dat hy enersyds n boelie en andersyds deels die skepper van sy eie lot was nie.

Next page
Light

Font size:

Reset

Interval:

Bookmark:

Make

Similar books «Robey Leibbrandt: ’N Lewe Van Fanatiesme»

Look at similar books to Robey Leibbrandt: ’N Lewe Van Fanatiesme. We have selected literature similar in name and meaning in the hope of providing readers with more options to find new, interesting, not yet read works.


Reviews about «Robey Leibbrandt: ’N Lewe Van Fanatiesme»

Discussion, reviews of the book Robey Leibbrandt: ’N Lewe Van Fanatiesme and just readers' own opinions. Leave your comments, write what you think about the work, its meaning or the main characters. Specify what exactly you liked and what you didn't like, and why you think so.