• Complain

Carel van Der Merwe - Donker Stroom. Eugene Marais en Die Anglo-Boereoorlog

Here you can read online Carel van Der Merwe - Donker Stroom. Eugene Marais en Die Anglo-Boereoorlog full text of the book (entire story) in english for free. Download pdf and epub, get meaning, cover and reviews about this ebook. year: 2020, genre: Detective and thriller. Description of the work, (preface) as well as reviews are available. Best literature library LitArk.com created for fans of good reading and offers a wide selection of genres:

Romance novel Science fiction Adventure Detective Science History Home and family Prose Art Politics Computer Non-fiction Religion Business Children Humor

Choose a favorite category and find really read worthwhile books. Enjoy immersion in the world of imagination, feel the emotions of the characters or learn something new for yourself, make an fascinating discovery.

Carel van Der Merwe Donker Stroom. Eugene Marais en Die Anglo-Boereoorlog

Donker Stroom. Eugene Marais en Die Anglo-Boereoorlog: summary, description and annotation

We offer to read an annotation, description, summary or preface (depends on what the author of the book "Donker Stroom. Eugene Marais en Die Anglo-Boereoorlog" wrote himself). If you haven't found the necessary information about the book — write in the comments, we will try to find it.

Carel van Der Merwe: author's other books


Who wrote Donker Stroom. Eugene Marais en Die Anglo-Boereoorlog? Find out the surname, the name of the author of the book and a list of all author's works by series.

Donker Stroom. Eugene Marais en Die Anglo-Boereoorlog — read online for free the complete book (whole text) full work

Below is the text of the book, divided by pages. System saving the place of the last page read, allows you to conveniently read the book "Donker Stroom. Eugene Marais en Die Anglo-Boereoorlog" online for free, without having to search again every time where you left off. Put a bookmark, and you can go to the page where you finished reading at any time.

Light

Font size:

Reset

Interval:

Bookmark:

Make
Tafelberg vir Mieke en Emma Nota aan die leser Terme wat in - photo 1
Tafelberg vir Mieke en Emma Nota aan die leser Terme wat in - photo 2

Tafelberg vir Mieke en Emma Nota aan die leser Terme wat in - photo 3

Tafelberg


vir Mieke en Emma


Nota aan die leser

Terme wat in geskiedskrywing gebruik word, het verander sedert die wisseling van die negentiende eeu, en so ook die naam van die oorlog tussen die Britse Ryk en die Boererepublieke. Vir Britte was dit die Boer War; vir baie Afrikaners die Engelse Oorlog of die Tweede Vryheidsoorlog en later die Anglo-Boereoorlog. Vandag word die benaming Suid-Afrikaanse Oorlog toenemend gebruik om erkenning te gee daaraan dat die oorlog meer as net Britte en Boere betrek het. Derduisende swart en bruin Suid-Afrikaners het in konsentrasiekampe gesterf, en ook by al twee kante aangesluit, hoofsaaklik in n ondersteunende hoedanigheid maar soms as gewapende soldate, veral aan die Britse kant. Maar vir die persone oor wie hierdie werk handel, was dit n stryd tussen Boer en Brit; derhalwe word dit ook so behandel, sonder enige bedoeling om die ander deelnemers se rol gering te skat of te ignoreer. Die benaming Anglo-Boereoorlog word dus in hierdie werk gebruik. Verder word die begrippe Afrikaner en Boer as sinonieme gebruik, en insgelyks die terme ZAR (Zuid-Afrikaansche Republiek) en Transvaal. Verder word terme wat vandag as rassisties beskou word, in van die oorspronklike dokumentasie gebruik. Vir historiese akkuraatheid is hierdie terme behou, met [sic] daarna bygevoeg.

Weens inflasie het die koopkrag van geld geweldig afgeneem sedert die einde van die negentiende eeu, en die omvang van die bedrae wat genoem word, kan onderskat word tensy n mens probeer om dit in hedendaagse waardes uit te druk. Ek het dus meestal waar n bedrag in destydse ponde genoem word, ook die beraamde bedrag in vandag se geld tussen hakies aangedui. Vir hierdie berekening het ek die Bank of England se inflasierekenaar gebruik, waarvolgens 1 in 1900 gelyk aan ongeveer 107 in 2015 is, en wat ek ter vereenvoudiging na 100 afgerond het. Die samestelling van die mandjie van goedere en dienste waarop hierdie tabelle betrekking het, het egter oor die jare baie verander en die tabelle gee vanselfsprekend net n baie rowwe beraming van die mate waarin spesifieke goedere en dienste se pryse verander het. Dit lyk egter redelik as n mens alledaagse pryse van destyds met vandag sn vergelyk. In 1900, toe Marais in Londen gewoon het, was die Britse pond verdeel in 20 sjielings van 12 pennies elk, wat later na n pond van 100 pennies gedesimaliseer is. In 1900 het n gewone kaartjie vir n West End-opvoering 10 sjielings 6 pennies gekos, gelyk aan 52,5p in die latere desimale stelsel. Vandag kos dieselfde kaartjie 55, dus 105 keer meer. n Kitskosete van vleis en aartappels in Londen het destyds 10 pennies (4p in die desimale stelsel) gekos, teenoor 3,80 vir n McDonalds-biefburger en skyfies vandag 95 keer meer.

Om hierdie bedrae dan in hedendaagse Suid-Afrikaanse rand uit te druk moet n wisselkoers toegepas word, wat meer problematies is. Die afgelope twintig jaar het die prys van n pond soos uitgedruk in rand geweldig toegeneem, van ongeveer R5 vir een pond in 1995 tot R18 aan die begin van 2015 veel meer as wat Suid-Afrika se relatiewe hor inflasiekoers oor die tydperk regverdig. Deur eenvoudig die huidige wisselkoers toe te pas, loop n mens die gevaar dat die hedendaagse randbedrae onrealisties hoog is. Indien die relatiewe verskil in inflasiekoerse oor hierdie tydperk toegepas word, het dit n prys van R10 vir n Britse pond in 2015 tot gevolg. Dit stem ook rofweg ooreen met The Economist se Big Mac koopkragpariteitindeks, waarvolgens die rand tans erg onderwaardeer is teenoor die pond, en in 2015 eintlik teen ongeveer R8,82 vir een pond behoort te verhandel. Ek het derhalwe besluit om R10 as die prys van een pond te gebruik, wat beteken dat 1 in 1900 gelyk aan R1 000 vandag is. Waar die ekwivalente hedendaagse randbedrag nie aangetoon word nie, kan die leser eenvoudig drie nulle by die pondbedrag byvoeg om die omskakeling na rand te doen.

Waar spelwyses vreemd aandoen, kan aanvaar word dat dit brongetrou is. In gevalle waar die aksent op die middelste e in die naam Eugne in aanhalings ontbreek, is dit omdat Engelssprekendes dit so gespel het.

Lys van kaarte

1. Eugne Marais se Londen


2. Die roete van Marais se skeepsreis na Portugees-Oos-Afrika in 1902


3. Die ekspedisieroetes deur Portugees-Oos-Afrika en die Transvaalkolonie


DEEL 1

Feite en fiksie

Al die slegte goed kan maar wag tot ek dood is So als U s is die lewe n mosaek van herinneringe, vir my ongelukkig meestal pynvol als ek my bewustheid ooit toelaat om in die donker stroom in te duik.


Eugne Marais (1923)

Voorlopig is dit nodig om te meld dat die meer as vyf jaar wat Marais in Europa (veral Londen) deurgebring het, uitermate duister is As dit Eugne Marais se doel was om onder die ses miljoen mense van Londen te verdwyn, het hy dit taamlik goed reggekry tot vandag toe. Tensy ontdekkings gemaak word wat n mens jou op die oomblik kwalik kan voorstel, sal dit altyd onmoontlik bly om n samehangende relaas van Marais se vyf jaar in Europa te gee.


Leon Rousseau, Die Groot Verlange

Koue spore

Ek het n hele paar jaar gelede daaraan begin dink om n roman te skryf met Eugne Marais as hoofkarakter en met as agtergrond die meer as vyf jaar wat hy as jong man teen die wisseling van die negentiende eeu in Londen en Europa deurgebring het. Die saad hiervoor is geplant deur Leon Rousseau se aangrypende lewensverhaal van Marais, Die Groot Verlange , wat in 1974 verskyn het. As deel van sy navorsing het Rousseau in 1962 n maand in Londen deurgebring en elke moontlike leidraad waarvan hy bewus was oor Marais se doen en late daar opgevolg. Maar sy bevinding was dit was byna of iemand die spore doodgevee het; of anders was die leidrade vals.

Al wat Rousseau eerstehands in Londen kon vasstel, is dat Marais vroeg in 1897 by die Inner Temple ingeskryf het om regte te studeer en hom as advokaat te bekwaam, studies waarmee hy nog besig was toe die Anglo-Boereoorlog amper drie jaar later uitgebreek het. Kort voor die einde van die oorlog is Marais n n lang gesukkel uiteindelik tot die Engelse balie toegelaat as advokaat, waarna hy vroeg in 1902 by n geheime ekspedisie aangesluit het wat plofstof en medisyne na die Boerekommandos deur Portugees-Oos-Afrika (die hedendaagse Mosambiek) wou smokkel. Marais het in later jare verskeie stories oor sy oorsese verblyf vertel, onder meer dat hy ook medies gestudeer het, maar hiervoor was daar tot dusver nie onafhanklike bevestiging nie. Vir Rousseau was dit asof Marais in hierdie jare vir lang tydperke eenvoudig verdwyn het, waarin dit onmoontlik is om rekenskap van sy lewensloop te gee. Rousseau was ook van mening dat dit altyd onmoontlik sou wees om n samehangende relaas van Marais se doen en late in die buiteland te gee tensy ontdekkings gemaak word wat hy hom kwalik kon voorstel.

My aanvanklike gedagte was dat juis die gebrek aan feite die ruimte geskep het vir my om n roman op hierdie veelsydige en talentvolle Afrikaner se lewe in Londen te baseer. My uitgangspunt was egter dat die bestaande feite nie die gebeure in my beoogde roman mag weerspreek nie. Maar daarvoor sou dit mos slegs nodig wees om vinnig weer die kort gedeelte in Die Groot Verlange oor hierdie tydperk in Marais se lewe te lees, het ek gedink. Min het ek geweet.

Next page
Light

Font size:

Reset

Interval:

Bookmark:

Make

Similar books «Donker Stroom. Eugene Marais en Die Anglo-Boereoorlog»

Look at similar books to Donker Stroom. Eugene Marais en Die Anglo-Boereoorlog. We have selected literature similar in name and meaning in the hope of providing readers with more options to find new, interesting, not yet read works.


Reviews about «Donker Stroom. Eugene Marais en Die Anglo-Boereoorlog»

Discussion, reviews of the book Donker Stroom. Eugene Marais en Die Anglo-Boereoorlog and just readers' own opinions. Leave your comments, write what you think about the work, its meaning or the main characters. Specify what exactly you liked and what you didn't like, and why you think so.