• Complain

Klaas Steytler - Ons Oorlog

Here you can read online Klaas Steytler - Ons Oorlog full text of the book (entire story) in english for free. Download pdf and epub, get meaning, cover and reviews about this ebook. year: 2020, genre: Detective and thriller. Description of the work, (preface) as well as reviews are available. Best literature library LitArk.com created for fans of good reading and offers a wide selection of genres:

Romance novel Science fiction Adventure Detective Science History Home and family Prose Art Politics Computer Non-fiction Religion Business Children Humor

Choose a favorite category and find really read worthwhile books. Enjoy immersion in the world of imagination, feel the emotions of the characters or learn something new for yourself, make an fascinating discovery.

Klaas Steytler Ons Oorlog

Ons Oorlog: summary, description and annotation

We offer to read an annotation, description, summary or preface (depends on what the author of the book "Ons Oorlog" wrote himself). If you haven't found the necessary information about the book — write in the comments, we will try to find it.

Klaas Steytler: author's other books


Who wrote Ons Oorlog? Find out the surname, the name of the author of the book and a list of all author's works by series.

Ons Oorlog — read online for free the complete book (whole text) full work

Below is the text of the book, divided by pages. System saving the place of the last page read, allows you to conveniently read the book "Ons Oorlog" online for free, without having to search again every time where you left off. Put a bookmark, and you can go to the page where you finished reading at any time.

Light

Font size:

Reset

Interval:

Bookmark:

Make
Ons oorlog n Familieroman uit die Anglo-Boereoorlog KLAAS STEYTLER - photo 1
Ons oorlog n Familieroman uit die Anglo-Boereoorlog KLAAS STEYTLER - photo 2

Ons oorlog


n Familieroman uit die Anglo-Boereoorlog


KLAAS STEYTLER


Tafelberg


Voorberig

Soos hy met n hinkstappie teen die skuinste afstap ondertoe, weet hy haar aanwysings was gebrekkig en klop ook nie met ou reisbeskrywings nie. Miskien is daar nuwe afritte na die Doderyk aangel, want hy het op geen samevloeiing van riviere afgekom waar grys mistigheid soos rook oor die waters hang nie, geen donker sipresse en gestroopte wilgers nie, geen gewillige grond waar hy n gat moet grawe en die swart diere moet offer sodat die bloed kan deursypel en op die onderste trans afdrup na die voorvaders nie, na die baie dooies wat dit soos honde sal opslurp om uit die ewige skaduwees te spring en daarna weer kwispelend rond te beweeg.

Hy volg n dowwe paadjie oor die bar, met gruis bestrooide aarde en herken skielik iets wat sy vir hom op die liefdesbed met haar hand teen die lug geteken het. n Rotspunt soos die neus van n man, di sal waarskynlik langs die pad wees, het sy ges.

Waarskynlik? het hy gevra.

Jy is so n eienaardige, enigmatiese man, het sy geantwoord en haar hand deur die dik hare op sy bors laat vaar; jy is so totaal vreemd. Jy aanvaar niks. Daar is geen rus in jou voete nie. Geen rus vir jou siel nie.

Hoekom moet ek in die Onderwreld afsak voordat ek huis toe kan gaan? S my, hoekom hierdie dodereis?

Dit l op jou pad. Dis jou pad, alleen.

Sy het omgedraai en hy het met sy voorvinger n paadjie gevolg van die skouerknop tot op haar rugstring, en toe ondertoe. As die afrit na die Onderwreld maar so glad kon wees.

Wie gaan ek daar onder vind?

Voorvaders en voormoeders, voorsate, beroemdes, gesneuweldes, helde, skurke, volk wat soos dro stoppels weer uit die onmeetlike barveld gaan opskiet met die koms van nog n wese van vlees en bloed onsigbares vir altyd onsigbaar, wat gesien wil word; en heel waarskynlik vroue, want di was soos bakens op jou reise.

Hy het die swart skape wat sy hom saamgegee het, doelbewus vergeet. Ek slag in ieder geval nie meer offerandes nie, het hy aan homself ges; die geeste van die afgestorwenes kan maar op ander maniere sigbaar word as om van die swart diere se bloed te drink. Ek weet ook nie hoe om te offer of wat om vir die gode te vra nie. Dit is vergete, verdwene n eeue se rituele met bloed en vlees wat in wyn en brood verander het, en net gebare geword het nie in geglo word soos die son wat gaan opkom nie. Niemand offer meer nie; niemand weet meer nie. Niemand.


Hy gaan staan. n Opgeskote voorgebergte van skurwe lawarots skuins voor hom het n onmiskenbare neuspunt: n neus met n stukkie voorhoof en n kennebak. Hy stap weer voort, opeens seker dat di baken n wegwyser is op pad na die Swartrivier.

Hy neem haar kwalik dat sy hom nie gewaarsku het oor die lig nie soos hy daal, is daar n vreemde wisseling van n gerookte sigbaarheid en die helderte van die son se teenwoordigheid in die hemel.

Skaduwee en nie-skaduwee soos hy begin afsak teen die skuinste; die beeld langs hom op die grond wat begin loskom van die klipgruis en sand, hier en daar nie meer aan die aarde vasklou nie. Kleure verdwyn: die groen van blare, die blou van die uitspansel, die helder wit van wolke. Die kaleidoskoop vergrys.

En dan die klankloosheid.

Stilte het sy eie dimensie van geluid. Daarin hoor jy altyd iets: die gesug van wind wat deur peperboomtakke vee, verdwene stemme of voetstappe, die blaf van n hond, onherkenbare woorde van n persoon buitekant, die gedruis van stadsverkeer wat soms klink soos die gedruis van branders, die ligte gebrom van n elektriese masjien, die minuskule getik van n elektroniese horlosie. Al die dinge wat jou op aarde vashou, al die bagasie van n mens se ore, sonder selfs die begeleiding van jou gedagtes se gelag of gemor. Maar hier is geen weerklank nie; hier is niks nie; net totale leegheid.

Hy dink aan vervlo digters en moediges wat deur hierdie landstreke gereis en daarna geleef het om te vertel wat hulle gesien het, of hulle verbeel het hulle sien. Brokke van hul vertellings dryf in hom rond, maar sonder enige ritme van versrels wat vanself opkom om dit te vergesel en te verduidelik.

Dan, skielik, met die paadjie wat om n rots swaai, sien hy die rivier onder hom. Hy steek vas; die enkelvoudige geweldigheid van die beeld gryp hom aan. Dit is groot, limietloos soos die see, roerloos soos gepoleerde grafiet, refleksieloos. Dt dan is die veelgeroemde Swartrivier.

Hy stap af, die sandgruis laat hom plek-plek gly totdat hy op vaste grond is harde swart sand; n dooie swart sand, as kleur doods kan wees. En dan die rivier aan sy voete. Onveranderlike en glanslose swart wat hom inwag, selfs meer as toe hy dit verby die neuspuntrots gesien het. Glansloos roerloos. Hy draai om, sien n klip op die soom van die sand en gooi dit in die water. Dit raak sonder rimpeling weg in die water asof n mond dit wegsluk, waarna dit vir ewig sal val deur die swart bodemloosheid.

Hy vul sy longe en skreeu: Veerman, veerman! en onthou weer wat sy vir hom n herhaalde vrae ges het asof hy dit doelbewus wou vergeet.

Wat moet ek vir hom vra?

Die veerman sal jou vertel hoekom jou pad deur daardie grys koninkryk na jou huis toe loop. Vra hom.

Hy gaan sit kruisbeen op die sandgruis op die rand van die swart strand en maak sy o toe. Sy ken rus op sy bors. Hy sal ontspan onder die eenselwige grysbleek lug, die ruimte aan die ander kant van die menslike bewussyn, en dink aan die veerman; n boodskap met lewende menslike energie uitstuur, wat die veerman iewers in di ruim sal bereik en vir hom s: Hier wag n passasier met n muntstuk in sy hand.

Maar dit is desnoods nie geldig nie. Normale telepatiese verkeer geskied tussen lewende wesens wat, hoewel gewoonlik nie daarvan bewus nie, tog mekaar se geeste of siele kan hoor asemhaal. Miskien sal hy lank in hierdie volkome verlatenheid moet wag omdat die veerman baie riviere in hierdie onderaardse labirint moet oorsteek. Hy bring sy hand omhoog en vryf met sy voorvinger teen sy duim; dalk is daar n grinterigheid op die vingerpuntgevoel wat vertel van ontwykende geeste of spoke van hierdie gestorwe wreld wat hy raak vat, wat soos muggies in die onsigbaarheid klankloos rondom hom gons.

Hy tel weer n klip op en gooi dit in die water. Dwaasheid om hier te sit en wag met n munt vir die veerman in sy hand.

In sy hand.

Hy lig sy ooglede, sy hand, sy arm hoog, en staan op. Op middelafstand sien hy, soos in n Chinese tekening, n bootjie en n man, klein, nietig, op kosmiese gelyktes van swart water. Die boot en die man, die swart water, die beweging en die roerlose water alles in ewewig. Hy is roerloos soos hy hierdie harmonie aanskou.

Die skippie is spierwit. Hy sien selfs die roeier en sy wit spane wat ritmies soos seemeeuvlerke in en uit die water beweeg; hy sien dit soos n onstuitbaarheid nader kom. Die gewig van die klein, of groot, skouspel word skielik so enorm, hy sak stadig af en gaan sit op sy hurke. Sy hande hang oor sy knie.

Die boot kom vinnig nader deur die swart water en die skerp neus sny deur die klam sand, klim op die strand uit. Uit die maag van die skuit verskyn n wit wolhaarhondjie, omtrent vyf handbreedtes hoog. Die dier het n swart bles op die voorkop en n bruin kwasstreep hare op sy stompiestert. Dit spring van die boegsitplek tot op die strand en storm op die gehurkte man af, spring teen hom op en lek aan sy regteroor.

Hy stort agteroor op sy rug, gryp die hond aan sy borskas en lig die dier bokant hom op. Hy skater skielik van die lag; dit voel vir hom asof hy bulk.

Next page
Light

Font size:

Reset

Interval:

Bookmark:

Make

Similar books «Ons Oorlog»

Look at similar books to Ons Oorlog. We have selected literature similar in name and meaning in the hope of providing readers with more options to find new, interesting, not yet read works.


Reviews about «Ons Oorlog»

Discussion, reviews of the book Ons Oorlog and just readers' own opinions. Leave your comments, write what you think about the work, its meaning or the main characters. Specify what exactly you liked and what you didn't like, and why you think so.