Nie aan ons nie, Here, nie aan ons nie,
maar aan u Naam kom die eer toe.
Psalm 115:1 (1983-vertaling)
Dankies
Agter hierdie lang man staan n weermag van bidders, kollegas, medemusikante, stryders, vriende en kosbare familie. Hierdie boek het dalk uit my pen gekom, maar is gevorm deur jare se saamstap met elkeen wat my pad gekruis het. Dankie vir julle almal se liefde, inspraak, bemoediging, korreksie, saamlag, saamhuil en saamleef! Maar in besonder wil ek my gesin bedank veral my ouers. Pa Wynand en ma Ina my hart is gevul met die grootste trots as ek julle in n skare uitwys as my ouers ek is so diep lief vir julle. Hierdie boek dra ek op aan julle.
R ETIEF
Inhoud
VOORWOORD
P arty mense word aan hulle talente herken. As jy oor hulle praat, praat jy oor hulle buitengewone vermons. Dis seker die natuurlike gevolg van uitsonderlike prestasies, maar die hartseer saak is dat sulke sterre deur die publiek in n boksie verpak word: Schalk die rugbyspeler, Steve die sanger, Retief die worship leier
Ek loof die Here dat hy ons nie in boksies toemaak nie. Dat ons toevallig een of ander besondere talent het, definieer ons nie en beperk glad nie watter impak die Here vir ons op aarde bestem het nie. Retief Burger is n worship leier en liedjieskrywer, maar as ek aan hom dink, kom die gedagte aan sy talent om musiek te skryf en uit te voer nie eens by my op nie. Ek ken hom te goed buite daardie boksie, en ek voel eintlik nogal spesiaal omdat ek al vir jare n groot geheim weet: Dat die grootste impak wat Retief op ons generasie sal h, niks met musiek en lofprysing te make het nie!
Ek ken die lang man sedert hy in standerd 8 op Winklespruit een van die baie jong gesiggies op die kamp was (ek dink nie hy kon al sing of musiek skryf nie, en hy het gebry soos n Swartlander). Ek was toe n student en het die aanbidding gelei. Tief het op die muurtjie kom sit voor my deurmekaar kamer, en op my vraag het hy geantwoord dat hy dink hy gaan n dominee word. Ek was verbaas, want dit was vir my duidelik dat die laaitie voor my groot leierskappotensiaal het. Hy was reeds seker van sy roeping, en ek het nogal gewonder hoe dit sou uitspeel vir die begaafde, intelligente jong man wat ek ontmoet het. Ek was later min verbaas toe hy Affies se hoofseun word, en ek het gedink hy sal die weg gaan van meeste hoofseuns: Varsity, Studenteraad, Sakeman van die jaar of so iets. En daar daag hy op by C-Kruis, waar ek een van die instrukteurs was, gereed om sy roeping te begin uitleef op die plek waar hy gevoel het die Here hom heen stuur. Ek het onmiddellik besef dat hierdie Burger nie n Wimpy Burger is nie, en dat hy nie deur sy talente, prestasies of leierskapvermons bestuur word nie, maar deur die Here. Ek het hom sien grootword, en veral gesien hoe hy n paar moeilike geloofstoetse moes begin skryf. Hy vertel julle daarvan in hierdie boek.
Ek het kontak met hom gehou deur sy studiejare op Potch, en op een mooi aand toe hy reeds leraar was by Duet Gemeente, was dit vir my duidelik dat die Here my roep om Retief se liedjies op te neem sodat kerke dit oral kon sing. Ons het gedink so honderd kerke sou die CD koop en darem die liedere begin sing, maar Luidkeels was toe vir veel meer as dit bestem. Daar is nou reeds drie Luidkeels opnames van nuwe Afrikaanse aanbiddingsmusiek, en selfs n Luidkids DVD waardeur ons kinders leer om die Here te aanbid. Ek loof die Here dat hy Retief opgerig het om die Afrikaanse kerk in hierdie seisoen so te dien. En ek eer God vir die gebrokenheid, integriteit en nederigheid wat vir Retief vanselfsprekend is omdat hy sy lewe aan God oorgegee het en bly oorgee.
Hierdie boek gaan nie oor Retief se liedjies nie. Dit gaan oor sy geloofsreis. Sy liedjies was nog altyd net n klankbaan vir die storie wat God in sy lewe skryf, en hierdie boek verwys daarna, maar jy sal n fout maak as jy dink hy vertel in hierdie boek die storie agter die liedjies soos mens soms vind. Retief verweef sy ervaringe, sy worstelinge, God se Woord en die musiek waarin dit soms uitloop op so n manier dat ek en jy maklik kan verstaan waar die impak van oorgawe l. Hy vertel dit broos en eerlik en bring in elke hoofstuk n boodskap wat jou liefde vir die Here kan anker en jou eie geloofsreis op vaster grond kan plaas. Ek bid saam met Retief dat die Heilige Gees dit so sal bestuur!
Ontdek in hierdie boek die Retief wat ek al lank ken, in vol sinne en paragrawe en sonder dat die eng mure van rym, metrum en liriek hom inperk. En net soos sy liedjies sal dit nie by jou n groter indruk laat van wie Retief is nie, maar wel van die ontsaglike God aan wie hy oorgegee het. Jys in vir n leesfees, maar wees ook sober hieroor: Elke woord van hierdie boek kom uit n diep plek. Ek weet goed hoe moeilik baie daarvan vir Retief was om te skryf. Dis duur woorde, en jy kan verwag dat die lees daarvan jou sal uitdaag. Party boeke kan mens lees en neersit di een sal jy moet gaan leef. Doen dit, jy sal nie spyt wees nie!
L OUIS B RITTZ
INLEIDING
Die reis na oorgee
D it was Junie 1997 my matriekjaar. Ek het drie jaar vantevore my lewe aan die Here oorgegee. Ek was nog altyd die hoofseun-tipe en het oral waar ek kon gehelp om leiding te neem. Dit was ook so in my verhouding met die Here. Ek het n begeerte gehad om vir die Here te werk, die wreld te bekeer en my talente vir sy koninkryk te gebruik. S passievol was ek oor my geloof dat ek die dag toe ek finaal besluit het om nie n veearts te word nie, vir my ma die volgende as rede gegee het: Ma, ek kan nie honde na die Here toe lei nie!
Hoewel my motiewe vir koninkrykswerk heel moontlik toe nog baie suiwer was, het ek reeds baie subtiel die dryfkrag van prestasie gevoel. Doen, doen, doen. Wat kan ek vir die Here doen? Wat het ek verkeerd gedoen? Wat kan ek beter doen?
In hierdie toestand geestelik uitgeput, deurmekaar en moedeloos het ek daardie Junie by die Josua-konferensie opgedaag. Duisende jongmense van regoor die land het by Beulapark in Johannesburg saamgetrek vir n fees der feeste. Almal wat bekend was in geestelike kringe was daar. Louis Brittz het die aanbidding gelei en die opwinding van hierdie nuwe beweging was aansteeklik. Die gevoel, die mense, die Woord, die passie dit was ongelooflik. Dit was iets wat ons land nog min gesien het en ek glo daardie geleentheid het n enorme langtermyn-invloed op ons land se geestelike geskiedenis gehad. Baie van ons huidige jong kerkleiers kom uit daardie era. En iewers tussen die duisende jongmense was daar n verwarde, lang, puisie-bevlekte jongman wat na die Here gesoek het ek.
Vir vier lang dae het ek saam met n berader (sy naam was Weitz, as ek reg onthou) geworstel om agter die kap van die byl te kom. Daar was net nie vrede tussen my en God nie. Terwyl ek gesing het, was daar n muur tussen my en Hom, en ek kon net nie deurbreek nie. Ek het alles probeer dn . (Daar is daardie woord al weer ) Ek het elke moontlike ding bely, gevas en gebid. Noem maar op ek het dit probeer. Niks wou werk nie. Terwyl almal rondom my n wonderlike ontmoeting met die Here gehad het, het ek gefrustreerd uit elke sessie gestap tot die tweede laaste dag van die konferensie.
Dit was n Donderdag en dit was winter. Ek onthou dit soos gister n oomblik in my lewensloop toe alles in my verander het; n ervaring wat in alle opsigte die grondslag vir my bediening gel het. Tydens die ontbyt daardie winteroggend het die liewe (en geduldige) Weitz my vir oulaas gesien. Ons het agter die sinkgebou waar die kos opgeskep is, in die warm wintersonnetjie gaan sit. My hart was nog swaar, want ek het met alles in my na die Here gesmag. Ons het rustig gepraat. Eers hierdie kant toe en dan daardie kant toe, maar niks het gewerk nie. Ek onthou hy het stil geword en toe met n glinstering in sy o vir my ges: Retief, kom ons vra vir Jesus wat Hy van jou wil h.
Wow! Hoe kon ons daardie een gemis het? Hoekom so lank sukkel sonder om die Een oor Wie alles gaan, self te vra? Ek het my o gesluit en van alles en almal rondom my vergeet. Ek het in my geestesoog gesien hoe Jesus daar in die wintersonnetjie reg langs my kom sit. Ek het Hom in die o gekyk en saggies gevra: Jesus, wat wil U van my h? Ek moet eerlik s dat ek baie verskillende vrae van Hom verwag het. Groot vrae, gewigte vrae, Koninkryksvrae, belydenisvrae, Sal jy na die nasies toe gaan? - vrae. Maar Hy het dit nie vir my gevra nie. Nie naastenby nie. Sy vraag was eenvoudig, amper t eenvoudig, maar dit het my hart vir ewig aan Hom verbind.
Next page